Verduidelik Bitcoin Asof Ek Vyf Is

deur Nik Custodio 2013/12/12open in new window

As jy steeds nie kan verstaan wat die duiwel โ€˜n bitcoin is nieโ€ฆ

Ons sit op โ€˜n park bank. Dis โ€˜n wonderlike dag.

Ek het een appel by my. Ek gee dit vir jou.

Jy het nou een appel en ek het nou nul.

Dit was eenvoudig, reg?

Kom ons kyk mooi na wat gebeur het:

My appel was fisies in jou hand gesit.

Jy weet wat gebeur het. Ek was daar. Jy was daar. Jy het daaraan geraak.

Ons het nie โ€˜n derde persoon daar nodig gehad om ons met die oordrag te help nie. Ons het nie nodig gehad om oom Tommy (โ€˜n bekende regter) langs ons op die bank te hรช, om te bevestig dat ek die appel aan jou gegee het nie.

Die appel is nou joune! Ek kan nie nog โ€˜n appel gee nie, want daar is nie meer appels nie. Ek is nie meer in beheer daarvan nie. Die appel het my besit heeltemal verlaat. Jy het nou volle beheer van die appel. Jy kan dit aan jou vriend gee as jy wil en daardie vriend kan dit aan syne gee en so aan.

So dit is hoe โ€˜n persoonlike omruiling lyk. Ek dink dit is regtig dieselfde, of ek nou vir jou 'n piesang, 'n boek, of sรช 'n muntstuk of nota gee.

Maar ek loop myself nou vooruit.

Terug na die appels!

Sรช nou dat ek een digitale appel het. Hierso, ek gee vir jou my digitale appel.

Ah! Nou word dit interessant.

Hoe weet jy dat daardie digitale appel wat vroeรซr myne was, nou joune is en net joune? Dink vir โ€˜n oomblik daaroor.

Dit is meer ingewikkeld, is dit nie? Hoe weet jy dat ek nie daardie appel eerste na oom Tommy as โ€˜n e-pos aanhangsel gestuur het nie? Of jou vriend, Joe? Of my vriendin, Lisa, ook?

Miskien het ek โ€˜n paar kopieรซ van daardie digitale appel op my rekenaar gemaak. Miskien het ek dit op die internet gesit en een miljoen mense het dit afgelaai.

Soos jy kan sien, hierdie digitale omruiling is โ€˜n bietjie van โ€˜n probleem. Om digitale appels te stuur lyk nie soos om fisiese appels te stuur nie.

Sommige slim rekenaarwetenskaplikes het eintlik 'n naam vir hierdie probleem - dit word die dubbelbestedingsprobleem genoem. Maar moenie daaroor bekommerd wees nie. Al wat jy moet weet, is dat dit hulle vir 'n geruime tyd verwar het en hulle het dit nog nooit opgelos nie.

Tot nou toe.

Maar kom ons probeer om op ons eie aan โ€˜n oplossing te dink...

Grootboeke

Miskien moet hierdie digitale appels in 'n grootboek gerikonsilieer word. Dit is basies 'n boek waar alle transaksies opgespoor kan word - rekeningkunde boek.

Hierde grootboek, aangesien dit digitaal is, moet in sy eie wรชreld leef en iemand in beheer daarvan hรช.

Sรช, net soos "World of Warcraft", Blizzard, die ouens wat die aanlyn speletjie geskep het, het 'n "digitale grootboek" van al die skaars vlammende vuur swaarde wat bestaan in hul stelsel. So, cool, iemand soos hulle kan boek hou van ons appels. Fantasties - ons het dit opgelos.

Probleme

Maar daar is โ€˜n bietjie van โ€˜n probleem:

  1. Sรช maar โ€˜n ou by Blizzard het meer gemaak? Hy kon net โ€˜n paar digitale appels in sy balans sit wanneer hy wil!
  2. Dit is nie eintlik soos dit was wanneer ons op die bank was die ander dag nie. Dit was net ek en jy. Om deur Blizzard te gaan is soos om oom Tommy (โ€˜n derde party) uit die hof te roep (het ek genoem hy is โ€˜n bekende regter?) vir al ons park bank transaksies. Hoe kan ek net my digitale appel aan jou oorhandig, soos, jy weet - die gewone manier?

Is daar enige digitale manier om ons park bank, net ek-en-jy, transaksie noukeurig te herhaal? Lyk soort van moeilikโ€ฆ

Die Oplossing

Sรช nou ons het hierdie grootboek gegee โ€” vir almal? In plaas van die grootboek wat op 'n Blizzard-rekenaar woon, sal dit in almal se rekenaars woon. Al die transaksies van digitale appels wat ooit gebeur het, van alle tye, sal daarin aangeteken word.

Jy kan dit nie bedrieg nie. Ek kan nie vir jou digitale appels stuur wat ek nie het nie want dan sal dit nie met almal in die stelsel sinkroniseer nie. Dit sal 'n moeilike stelsel wees om te bedrieg. Veral as dit regtig groot geword het.

Boonop word dit nie deur een persoon beheer nie, so ek weet dat daar niemand is wat net kan besluit om vir homself meer digitale appels te gee nie. Die reรซls van die stelsel is reeds aan die begin gedefinieer. Die kode en reรซls is "open-source". Dit is daar vir die slim mense om by te dra, in stand te hou, te beveilig, te verbeter en na te gaan.

Jy kan ook aan hierdie netwerk deelneem en die grootboek opdateer en seker maak dat alles reg is. Vir jou moeite kan jy soos 25 digitale appels as beloning kry. Trouens, dit is die enigste manier om meer digitale appels in die stelsel te skep.

Ek het nogal 'n bietjie vereenvoudig

โ€ฆ maar daardie stelsel wat ek verduidelik het, bestaan. Dit word die Bitcoin-protokol genoem en daardie digitale appels is die "bitcoins" binne die stelsel. Spoggerig!

So, het jy gesien wat gebeur het? Wat maak die openbare grootboek moontlik?

  1. Dit is "open-source", onthou? Die totale aantal appels was in die begin in die openbare grootboek gedefinieer. Ek weet die presiese bedrag wat bestaan. Ek weet dat hulle beperk (skaars) is binne die stelsel.

  2. Wanneer ek 'n omruiling doen weet ek nou dat die digitale appel my besit verlaat het en nou heeltemal joune is. In die verlede kon ek dit nie oor digitale dinge sรช nie. Dit sal deur die openbare grootboek bygewerk en geverifieer word.

  3. Omdat dit 'n publieke grootboek is, het ek nie vir oom Tommy (derde party) nodig gehad om seker te maak dat ek jou bedrieg of ekstra afskrifte vir myself maak of appels twee keer of drie keer stuur nie

    Binne die stelsel, die ruil van 'n digitale appel is nou net soos die ruil van 'n fisiese een. Dit is nou so goed as om 'n fisiese appel te sien wat my hand verlaat en laat val het in jou sak. Net soos op die park bank, was die ruil tussen 2 mense alleenlik. Ek en jy. Ons het nie vir oom Tommy nodig gehad om dit geldig te maak nie.

In ander woorde, dit gedra dit soos 'n fisiese voorwerp.

Maar weet jy wat is cool? Dit is nog steeds digitaal. Ons kan nou deel met 1000 appels of 1 miljoen appels asook met 0.0000001 appels. Ek kan dit stuur met die klik van 'n knoppie en kan nog steeds die appel laat val in jou digitale sak. Ek was in Nicaragua en jy was al die pad in New York.

Ek kan selfs ander digitale dinge laat ry bo-op hierdie digitale appels. Dis immers digitaal. Miskien kan ek ook 'n teks aanheg - 'n digitale nota. Of miskien kan ek belangrike informasie aanheg soos 'n kontrak, of 'n aandele sertifikaat of ID kaartโ€ฆ

So dit is wonderlik. Hoe moet ons hierdie "digitale appels" hanteer en waardeer? Hulle is nogal nuttig, is hulle nie?

Wel, baie mense argumenteer nou oor dit. Daar is 'n debat tussen die en daardie ekonomiese skool. Tussen politikisse. Tussen programmeerders. Moenie na almal luister nie. Party mense is slim. Party is oningelig. Party sรช die sisteem is baie werd. Party sรช dit beteken nul. Een persoon het egter 'n harde nommer van $1300 per appel geplaas. Party sรช dit is digitale goud, party sรช dis 'n geldstelsel. Ander sรช dis net soos tulpe. Ander mense sรช dat dit die wรชreld gaan verander en ander sรช dit is net 'n gier wat sal weggaan.

Ek het my eie mening oor dit.

Dit is 'n storie vir 'n ander tyd maar kind, jy weet nou meer van Bitcoin as meeste ander mense.

Recommend Reading (Updated 2017)

โ€œYou Donโ€™t Understand Bitcoin Because You Think Money is Realโ€open in new window by Maria Bustillosopen in new window is a good follow-up read.

You can also read more about Ethereum and Smart Contracts hereopen in new window. Enjoy!

Vertalers
dunxen

Ondersteuners
HRF