Bitcoin w0.1 is vrygestel

deur Satoshi Nakamoto 2009/01/09open in new window

Kondig die eerste vrystelling van Bitcoin aan, 'n nuwe elektroniese kontantstelsel wat 'n eweknienetwerk gebruik om dubbelbesteding te voorkom. Dit is heeltemal gedesentraliseer met geen bediener of sentrale gesag nie.

Sien bitcoin.org vir skermkiekies.

Aflaaiskakel: http://downloads.sourceforge.net/bitcoin/bitcoin-0.1.0.rar

Slegs Windows vir nou. Oopbron C++ kode is ingesluit.

  • Ontpak die lรชers in 'n gids
  • Laat loop BITCOIN.EXE
  • Dit koppel outomaties aan ander nodusse

As jy 'n nodus aan die loop kan hou wat inkomende verbindings aanvaar, sal jy regtig die netwerk baie help. Poort 8333 op jou brandmuur moet oop wees om inkomende verbindings te ontvang.

Die sagteware is steeds alfa en eksperimenteel. Daar is geen waarborg dat die stelsel se toestand nie een of ander tyd sal herbegin moet word as dit nodig word nie, hoewel ek alles in my vermoรซ gedoen het om uitbreibaarheid en verskeie weergawes in te bou.

Jy kan munte kry deur iemand te kry om vir jou 'n paar te stuur, of om Opsies-> Genereer Munte aan te skakel om 'n nodus te laat loop en blokke te genereer. Ek het die bewys-van-werk moeilikheidsgraad belaglik maklik gemaak om mee te begin, so 'n tipiese rekenaar sal vir 'n rukkie in die begin munte in net 'n paar uur kan genereer. Dit sal baie moeiliker word wanneer die kompetisie die moeilikheidsgraad van die outomatiese aanpassingsdrywer verhoog. Gegenereerde munte moet 120 blokke wag om uit te groei voordat hulle gespandeer kan word.

Daar is twee maniere om geld te stuur. As die ontvanger aanlyn is, kan jy hul IP-adres invoer en dit sal verbind, 'n nuwe publiekesleutel kry en die transaksie met kommentaar stuur. As die ontvanger nie aanlyn is nie, is dit moontlik om na hul Bitcoin adres te stuur, wat 'n huts is van hul publiekesleutel wat hulle vir jou gee. Hulle sal die transaksie die volgende keer as hulle koppel ontvang en die blok kry wat dit is. Hierdie metode het die nadeel dat geen kommentaar inligting gestuur kan word nie, en 'n bietjie privaatheid kan verlore gaan as die adres verskeie kere gebruik word, maar dit is 'n nuttige alternatief as beide gebruikers nie terselfdertyd aanlyn kan wees nie of die ontvanger kan nie inkomende verbindings ontvang nie.

Totale sirkulasie sal 21 000 000 munte wees. Dit sal versprei word na netwerk nodusse wanneer hulle blokke maak, met die hoeveelheid in die helfte gesny elke 4 jaar.

eerste 4 jaar: 10 500 000 munte
volgende 4 jaar: 5 250 000 munte
volgende 4 jaar: 2 625 000 munte
volgende 4 jaar: 1 312 500 munte
ens ...

Wanneer dit opraak, kan die stelsel transaksiefooie ondersteun soos benodig word. Dit is gebaseer op opemarkmededinging, en daar sal waarskynlik altyd nodusse wees wat bereid is om transaksies gratis te verwerk.

Satoshi Nakamoto


The Cryptography Mailing List Unsubscribe by sending "unsubscribe cryptography" to majord...@metzdowd.com

Vertalers
Armand Cronje

Ondersteuners
HRF