Bitcoin is soos sport

deur @thebitcoinrabbi 2021/01/13open in new window

Ek het meer gereeld verduidelik hoe #bitcoin werk en gedesentraliseer is in konteks van 'n sportwedstryd. Ek het agtergekom dat dit help om baie van die algemene vrae te beantwoord:

V: Wie het bofbal uitgevind? A: Dit maak regtig nie saak nie. Enigiemand in die wรชreld kan dit speel. Dit maak nie saak of die oorspronklike uitvinder die reรซls wil verander of homself punte of enigiets anders wil beloon nie. Ons gee nie om wat hy van ons spel dink nie.

V: Wie is in beheer van die spel? A: Niemand is in beheer nie, ons almal het net besluit om te speel. Ons almal ken en dwing die reรซls af, en as iemand kul, word hulle uit die spel geskop. As iemand hulself onverdiende punte beloon, ignoreer ons dit net.

V: Hoe weet ons dat die reรซls nie sal verander nie? A: Ons het almal met die reรซls ingestem toe ons begin speel het, en wie ook al met hierdie reรซls wil aanhou speel, sal voortgaan, en as iemand dit wil verander, sal hulle iewers anders moet speel.

V: Kan dit nie gekuberkraak word nie? A: Alles is in die openbaar sigbaar. Ons kan almal die hele veld en al die tellings sien. As iemand gekul het, sou ons almal weet en vir hulle gesรช het om te verdwyn.

V: Hoekom is dit enigiets werd? A: Ons het almal besluit om te speel, so dit is vir ons iets werd. As iemand wil aansluit, sal hulle moet instem om ons punte en waarde te erken.

Ek waardeer dit, so dit het waarde. Waarde is subjektief.

V: Sal dit nie verban word nie? A: Miskien, maar dit is net sommige mense wat met 'n stok en 'n bal speel en niemand anders seermaak nie, so die regering kan jou dalk keer om dit te speel, maar hulle kan nie die konsep verban om 'n stok met 'n bal te slaan nie, die spel sal iewersย voortgaan.

V: Moet ek aansluit? A: Doen wat jy wil. Ek geniet dit om bofbal te speel, jy kan aansluit of jy kan HFSP.

Vertalers
Armand Cronje

Ondersteuners
Undisclosed #1