Hoe sal ons aarde se 7,753 miljard mense na die weerlignetwerk (Lightning Network) byvoeg?

deur John Cantrell 2022/01/05open in new window

Ek het die syfers getoets, kom ons kyk hoe ons die hele bevolking van aarde na die weerlignetwerk (Lightning Network) kan byvoeg hoe lank dit kan neem en wat ons kan doen om die proses te bespoedig.

Om by die weerlignetwerk (Lightning Network) by gevoeg te word, moet jy btc in 'n 2-van-2 multisig-befondsingstransaksie met jou kanaalvennoot stuur. Om spasie in hierdie transaksie te optimaliseer, wil ons 1 inheemse segwit-inset en 'n enkelkanaalbefondsingsuitset hรช. Dit produseer 'n transaksie van ongeveer 121vgrepe.

As 100% van die transaksies in 'n blok hierdie kanaalopeningtransaksies was, kon ons ongeveer 8 264 mense per blok by die weerlignetwerk bygevoeg het. Met 'n wรชreldbevolking van 7,753 miljard mense sal dit ongeveer 938,166 blokke of 17,8 JAAR neem vir almal op aarde om 'n kanaal te hรช.

Kan ons beter doen? Gelukkig het ons 'n paar opsies. Een opsie wat vandag moontlik is, is om groepering te gebruik! Saambondeling beteken dat ons meer as een kanaal in 'n enkele transaksie kan oopmaak. Dit beteken elke bykomende kanaal kan verteenwoordig word deur 'n ander uitset in die befondsingstransaksie.

Elke bykomende uitset wat ons byvoeg, verbruik ongeveer 32vgrepe. Met saambondeling is die beste scenario om die blok te vul met 1 transaksie met 1 inset en soveel uitsette as wat ons kan inpas. Teen 32vgrepe per uitset beteken dit dat ons 31 247 kanale per blok kan oopmaak!

Saambondeling gee ons 'n verbetering van 3,78x en verminder die tyd om die hele aarde by te voeg tot net 4,7 jaar. Dit is nie vreeslik nie, maar dit neem aan dat ons 100% van die blokspasie vir byna 5 jaar kan gebruik. In werklikheid sal dit oor 'n langer tydperk stadiger gebeur. Kan ons nog beter doen?

Dit blyk ons kan, net nie (maklik) vandag nie. Die volgende optimalisering sou wees om meer as twee mense per kanaal te ondersteun en handtekeningsamevoeging te gebruik om die uitsetgrootte klein te hou. 'n Veelvuldigepartykanaal brei die 2-van-2 multisig uit na 'n groter N-van-N multisig

In teorie kan hierdie N 10, 100, miskien selfs 1000 wees. Teen 10 mense per kanaal kon ons 312 470 mense per blok en die hele aarde in net 172 dae byvoeg. Terwyl groepering ons 'n beskeie verbetering in doeltreffendheid gegee het, stel veelvuldigepartykanale ons in staat om in grootteorde te skaleer.

Teoreties kan hulle vandag gebou word sonder enige veranderinge aan Bitcoin, maar sal 'n massiewe ingenieurspoging vereis as gevolg van die kompleksiteit van die weerlignetwerk se strafmeganisme. Eltoo se simmetriese vereffeningstransaksies vereenvoudig die implementering van veelvuldigepartykanale aansienlik.

Kan ons dus die hele bevolking binne 'n redelike tyd na die weerlignetwerk byvoeg? Dit lyk of die antwoord ja is, uiteindelik sal ons daar kom. Sal almal op aarde op die weerlignetwerk (Lightning Network) wil wees en hul eie kanaal(e) nodig hรช? Dit is nie duidelik nie, maar ek hoop so!

Vertalers
Armand Cronje

Ondersteuners
Undisclosed #1